Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 3:15-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. Maar bring nou vir my ’n siterspeler. En toe die siterspeler op die snare speel, het die hand van die Here op hom gekom,

16. en hy het gesê: So spreek die Here: Maak hierdie dal vol gate.

17. Want so spreek die Here: Julle sal geen wind sien nie, en julle sal geen reën sien nie, en tog sal hierdie dal vol water word, sodat julle self en julle vee en julle ander diere kan drink.

18. Ja, dit is nog te gering in die oë van die Here: Hy sal ook die Moabiete in julle hand gee.

19. En julle sal elke versterkte stad en elke uitgesoekte stad oorweldig en elke goeie boom omkap en al die waterfonteine toestop, en elke goeie stuk grond sal julle met klippe bederwe.

20. En die volgende môre, omtrent die tyd dat hulle die spysoffer bring, kom daar meteens water van die kant van Edom af, sodat die land vol water geword het.

21. En toe al die Moabiete hoor dat die konings optrek om teen hulle te veg, is hulle opgeroep, almal wat die gord vasgespe en wat ouer was, en hulle het by die grens gaan staan.

22. Terwyl hulle die môre vroeg hul gereedmaak en die son oor die water opgaan, sien die Moabiete op ’n afstand die water rooi soos bloed.

23. En hulle sê: Dit is bloed; die konings het sekerlik mekaar aangeval en die een die ander verslaan; en nou op die buit af, julle Moabiete!

24. Maar toe hulle by die laer van Israel kom, het die Israeliete hulle gereedgemaak en die Moabiete verslaan, sodat hulle voor hul uit gevlug het; en hulle het dieper ingetrek en die Moabiete verslaan.

25. Daarna het hulle die stede verwoes en op elke goeie stuk grond elkeen sy klip gegooi, sodat dit daarvan vol was, en elke waterfontein toegestop en elke goeie boom omgekap, totdat hulle net in Kir-Haréset die klipmure daarvan laat oorbly het. Maar toe die slingeraars dit omsingel en beskiet,

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 3