Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 9:6-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. En hy antwoord hom: Maar kyk, in hierdie stad is ’n man van God, en die man is geëerd: alles wat hy spreek, kom sekerlik uit; laat ons nou daarheen gaan; miskien kan hy ons inlig oor die tog wat ons onderneem het.

7. Toe vra Saul vir sy dienaar: Sê nou ons gaan — wat sal ons die man aanbied? Want die brood in ons sakke is op, en ’n geskenk is hier nie om die man van God aan te bied nie; wat het ons?

8. En die dienaar het Saul weer geantwoord en gesê: Kyk, ek het nog ’n kwart sikkel silwer by my; dit sal ek aan die man van God gee, dat hy ons kan inlig oor ons tog.

9. Vroeër het die mense in Israel só gesê as hulle gaan om God te raadpleeg: Kom, laat ons na die siener gaan. Want die profeet van teenswoordig het hulle vroeër siener genoem.

10. En Saul sê aan sy dienaar: Jou woord is goed; kom, laat ons gaan. Daarop gaan hulle na die stad waar die man van God was.

11. Terwyl hulle die opdraand na die stad opgaan, kom hulle meisies teë wat uitgaan om water te put, en vra vir hulle: Is die siener hier?

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 9