Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 7:4-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Daarop het die kinders van Israel die Baäls en die Astártes verwyder en die Here alleen gedien.

5. Verder het Samuel gesê: Versamel die hele Israel by Mispa, dan sal ek tot die Here vir julle bid.

6. Hulle kom toe bymekaar by Mispa, en hulle het water geskep en dit voor die aangesig van die Here uitgegiet, en dié dag het hulle gevas en daar gesê: Ons het gesondig teen die Here. En Samuel het die kinders van Israel in Mispa gerig.

7. Toe die Filistyne hoor dat die kinders van Israel by Mispa saamgekom het, het die vorste van die Filistyne teen Israel opgetrek. En die kinders van Israel het dit gehoor en bevrees geword vir die Filistyne.

8. En die kinders van Israel sê aan Samuel: Laat nie ná om die Here onse God vir ons aan te roep nie, dat Hy ons uit die hand van die Filistyne verlos.

9. Toe het Samuel ’n suiglam geneem en dit as ’n brandoffer in sy geheel aan die Here geoffer, en Samuel het die Here aangeroep vir Israel; en die Here het hom verhoor.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 7