Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 28:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE het Dawid al die owerstes van Israel, die stamowerstes en die owerstes van die afdelings wat in die koning se diens was, en die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd en die owerstes oor al die besittings en vee van die koning en sy seuns, saam met die hofdienaars en die helde en elke dapper man in Jerusalem bymekaar laat kom.

2. En koning Dawid het hom opgerig in staande houding en gesê: Luister na my, my broers en my volk! Ek self het my voorgeneem om ’n huis van rus vir die verbondsark van die Here te bou en vir die voetbank van onse God, en ek het toebereidsels getref vir die bou.

3. Maar God het aan my gesê: Jy mag vir my Naam nie ’n huis bou nie, want jy is ’n man van oorloë, en jy het bloed vergiet.

4. Maar die Here, die God van Israel, het my verkies uit my hele familie om vir altyd koning oor Israel te wees; want Hy het Juda as vors verkies, en in die huis van Juda my familie; en onder die seuns van my vader het Hy in my behae gehad om my koning te maak oor die hele Israel.

5. En uit al my seuns — want die Here het my baie seuns gegee — het Hy my seun Salomo verkies om te sit op die troon van die koningskap van die Here oor Israel.

6. En Hy het aan my gesê: Jou seun Salomo, hy sal my huis en my voorhowe bou, want Ek het hom vir My as ’n seun verkies, en Ék sal vir hom ’n Vader wees.

7. En Ek sal sy koningskap bevestig tot in ewigheid as hy getrou my gebooie en my verordeninge onderhou, soos vandag.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 28