Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 12:11-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Áttai, die sesde, Éliël, die sewende;

12. Jóhanan, die agtste, Élsabad, die negende;

13. Jeremia, die tiende, Magbánnai, die elfde.

14. Hulle was uit die seuns van Gad, hoofde oor die leër; een teen honderd, die kleinste; en die grootste, een teen duisend.

15. Dit is hulle wat deur die Jordaan gegaan het in die eerste maand terwyl hy vol was oor al sy walle; en hulle het al die bewoners van die laagtes verjaag teen die ooste en teen die weste.

16. En toe daar uit die seuns van Benjamin en Juda na die bergvesting na Dawid kom,

17. het Dawid uitgegaan hulle tegemoet en gespreek en vir hulle gesê: As julle met vrede na my kom om my te help, sal ek my van harte met julle verenig; maar as dit is om my aan my teëstanders te verraai, ofskoon daar geen onreg in my hande is nie — mag die God van ons vaders dit dan sien en straf!

18. Toe het die Gees Amásai, die hoof van die dertig, vervul, en hy het gesê: Vír u, Dawid, en mét u, seun van Ísai, is ons. Vrede, vrede vir u, en vrede vir die wat u help, want u God help u! Daarop het Dawid hulle opgeneem en hulle aangestel as hoofde van die bende.

19. Ook uit Manasse het sommige oorgeloop na Dawid toe hy saam met die Filistyne gekom het om teen Saul te veg, maar sonder om hulle te help; want met oorleg het die vorste van die Filistyne hom weggestuur en gesê: Ten koste van ons hoofde sal hy na sy heer Saul toe oorloop.

20. Terwyl hy na Siklag trek, het daar uit Manasse na hom oorgeloop: Adnag en Jósabad en Jedíael en Mígael en Jósabad en Elíhu en Sílletai, hoofde van die geslagte van Manasse.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 12