Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 6:1-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN in die vierhonderd-en-tagtigste jaar ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, in die vierde jaar van Salomo se regering oor Israel, in die maand Sif — dit is die tweede maand — het hy die huis vir die Here gebou.

2. En die huis wat koning Salomo vir die Here gebou het, was sestig el in sy lengte en twintig in sy breedte en dertig el in sy hoogte.

3. En die voorportaal, aan die voorkant van die hoofvertrek van die huis, was twintig el in sy lengte, oor die breedte van die huis; tien el in sy breedte aan die voorkant van die huis.

4. En hy het aan die huis vensters gemaak met smal latwerk.

5. En teen die muur van die huis het hy rondom ’n aanbousel opgetrek, aan die mure van die huis rondom die hoofvertrek en die binneste vertrek, en hy het dit rondom in verdiepings gemaak.

6. Die onderste verdieping was vyf el in sy breedte en die middelste ses el in sy breedte en die derde sewe el in sy breedte; want hy het vir die huis rondom buitekant inkortings gemaak, om nie in die mure van die huis in te las nie.

7. En toe die huis gebou is, is dit opgetrek van klippe, kant en klaar uit die breekplek: hamers en koubeitels, enige ystergereedskap, is nie gehoor by die huis toe dit gebou is nie.

8. Die ingang van die onderste verdieping was aan die suidelike sykant van die huis, en wenteltrappe het opgegaan na die middelste, en van die middelste na die derde.

9. En toe hy die huis klaar gebou het, het hy die huis oordek, by wyse van vakke en rye, met sederhout.

10. En hy het die aanbousel teen die hele huis gebou; vyf el was elke verdieping hoog; en hy het dit aan die huis bevestig met sederbalke.

11. En die woord van die Here het tot Salomo gekom en gesê:

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 6