Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 20:10-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Daarop laat Bénhadad hom weet: Mag die gode so aan my doen en so daaraan toedoen — die puin van Samaría is nie genoeg vir die holle hande van al die manskappe wat my voetstappe volg nie!

11. Maar die koning van Israel het dit geantwoord: Sê vir hom: Die een wat hom vasgord, moet hom nie beroem soos die een wat hom losgord nie.

12. En toe hy hierdie woord hoor, terwyl hy besig was om te drink, hy en die konings in die tente, sê hy aan sy dienaars: Gooi walle op! En hulle het walle opgegooi teen die stad.

13. Opeens kom daar ’n profeet na Agab, die koning van Israel, en sê: So spreek die Here: Het jy hierdie hele groot menigte gesien? Kyk, Ek gee hulle vandag in jou hand, dat jy kan weet dat Ek die Here is.

14. En Agab sê: Deur wie? En hy antwoord: So spreek die Here: Deur die jongmanne van die owerstes van die provinsies. En hy sê: Wie moet die geveg begin? En hy antwoord: U.

15. Toe tel hy die jongmanne van die owerstes van die provinsies, en hulle was tweehonderd-twee-en-dertig; en ná hulle tel hy al die manskappe, al die kinders van Israel: seweduisend.

16. En hulle het op die middag uitgetrek terwyl Bénhadad hom dronk gedrink het in die tente, hy en die konings, die twee-en-dertig konings wat sy bondgenote was.

17. En die jongmanne van die owerstes van die provinsies het eerste uitgetrek. Maar Bénhadad het uitgestuur, en hulle het hom berig gebring en gesê: Uit Samaría het manne uitgetrek.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 20