Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 2:22-35 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. Daarop antwoord koning Salomo en sê aan sy moeder: Maar waarom vra u Abísag, die Sunamitiese, vir Adónia? Vra ook die koningskap vir hom, want hy is my broer wat ouer is as ek, ja, vir hom en vir Ábjatar, die priester, en vir Joab, die seun van Serúja!

23. En koning Salomo het gesweer by die Here en gesê: Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen — sekerlik, Adónia het hierdie woord ten koste van sy lewe gespreek.

24. En nou, so waar as die Here leef wat my bevestig het en my op die troon van my vader Dawid laat sit en vir my ’n huis gestig het volgens sy belofte — Adónia sal sekerlik vandag gedood word!

25. Daarop het koning Salomo gestuur deur die diens van Benája, die seun van Jójada; en dié het op hom aangeval, sodat hy gesterf het.

26. En vir Ábjatar, die priester, sê die koning: Gaan na Ánatot op jou grond, want jy verdien die dood; maar vandag sal ek jou nie doodmaak nie, omdat jy die ark van die Here Here voor my vader Dawid uit gedra het en omdat jy deelgenoot was van alles wat my vader gely het.

27. So het Salomo dan Ábjatar verdrywe, sodat hy nie meer priester van die Here was nie, om die woord van die Here te vervul wat Hy oor die huis van Eli in Silo gespreek het.

28. Toe die gerug by Joab kom — want Joab was aan die kant van Adónia, alhoewel hy nie aan die kant van Absalom was nie — het Joab gevlug na die tent van die Here en die horings van die altaar vasgehou.

29. En aan koning Salomo is meegedeel: Joab het gevlug na die tent van die Here, en kyk, daar is hy by die altaar! Toe laat Salomo aan Benája, die seun van Jójada, weet: Gaan heen, val op hom aan.

30. Daarop het Benája by die tent van die Here gekom en vir hom gesê: So spreek die koning: Kom uit. Maar hy sê: Nee, want hier wil ek sterf. En Benája het die koning ’n antwoord gebring en gesê: Só het Joab gespreek, en só het hy my geantwoord.

31. Toe beveel die koning hom: Doen soos hy gespreek het: val op hom aan, en begrawe hom, sodat jy die onskuldige bloed wat Joab vergiet het, van my en my vader se huis af verwyder;

32. en dat die Here sy bloed op sy eie hoof laat neerkom, omdat hy op twee manne, regverdiger en beter as hy, aangeval en hulle met die swaard vermoor het sonder medewete van my vader Dawid: Abner, die seun van Ner, die leërowerste van Israel, en Amása, die seun van Jeter, die leërowerste van Juda;

33. en dat hulle bloed op die hoof van Joab en op die hoof van sy nageslag vir ewig kan neerkom, maar Dawid en sy nageslag en sy huis en sy troon vrede kan hê van die Here tot in ewigheid.

34. Toe het Benája, die seun van Jójada, opgegaan en op hom aangeval en hom gedood; en hy is begrawe in sy huis in die woestyn.

35. Daarop het die koning Benája, die seun van Jójada, in sy plek oor die leër aangestel; en Sadok, die priester, het die koning aangestel in die plek van Ábjatar.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 2