Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 23:2-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Maar die hoëpriester Ananías het bevel gegee aan die wat by hom staan, om hom op die mond te slaan.

3. Toe sê Paulus vir hom: God sal u slaan, gewitte muur! U sit tog om my volgens die wet te oordeel, en beveel u in stryd met die wet dat ek geslaan moet word?

4. En die wat daarby staan, sê: Skel jy die hoëpriester van God uit?

5. Daarop sê Paulus: Ek het nie geweet, broeders, dat hy hoëpriester is nie, want daar staan geskrywe: Van ’n owerste van jou volk mag jy nie kwaad spreek nie.

6. En omdat Paulus geweet het dat die een deel uit Sadduseërs en die ander uit Fariseërs bestaan, het hy in die Raad uitgeroep: Broeders, ek is ’n Fariseër, die seun van ’n Fariseër. Oor die hoop en die opstanding van die dode staan ek voor die gereg.

7. En toe hy dit sê, het daar twis ontstaan tussen die Fariseërs en die Sadduseërs, en die menigte het verdeeld geraak.

8. Want die Sadduseërs sê dat daar geen opstanding is nie, ook geen engel of gees nie; maar die Fariseërs bely albei.

9. Toe was daar ’n groot geroep, en die skrifgeleerdes van die party van die Fariseërs het opgestaan en heftig gestry en gesê: Ons vind geen kwaad in hierdie man nie; en as ’n gees met hom gespreek het, of ’n engel, laat ons nie teen God stry nie.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 23