Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 31:13-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Hulle seuns wat dit nie geken het nie, moet hoor en leer om יהוה, julle God, respekvol te vrees so lank as wat julle lewe in die land waarheen julle deur die Yarden trek, om dit te besit.”

14. Toe het יהוה vir Moshe gesê: “Let op, die tyd vir jou om te sterf is naby; roep vir Y’hoshua en meld julleself aan by die Tent van Ontmoeting sodat Ek hom kan aanstel.” Moshe en Y’hoshua het gegaan en hulleself gaan aanmeld by die Tent van Ontmoeting.

15. יהוה het in die tent verskyn in ’n wolkpilaar en die wolkpilaar het by die ingang van die tent gestaan.

16. יהוה sê vir Moshe: “Let op, jy is op die punt om neer te lê by jou vaders en hierdie volk sal opstaan en die hoer speel met die vreemde gode van die land waartussen hulle ingaan en My verlaat en My verbond verbreek wat Ek met hulle gesluit het.

17. Dan sal My woede op dié dag teen hulle aan die brand gesteek word en Ek sal hulle verlaat en My gesig vir hulle wegsteek en hulle sal verteer word en baie booshede en moeilikhede sal oor hulle kom sodat hulle op dié dag sal sê: ‘Is dit nie omdat ons God nie tussen ons is dat hierdie booshede oor ons gekom het nie?’,Yeg 20; Yeg 39:23-24

18. maar Ek sal op dié dag My gesig sekerlik wegsteek weens al die boosheid wat hulle sal doen, want hulle sal na ander gode afdraai.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 31