Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 23:21-35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Die dronklap en die vraat maak hulleself arm. Die roes van dronkenskap laat hulle in vodde loop.

22. Luister na jou pa wat jou die lewe gegee het. Moenie jou ma afskryf omdat sy oud geword het nie.

23. Verkry waarheid. Moet nooit daarvan afstand doen nie. Hou vas aan wysheid, selfbeheersing en insig.

24. ’n Pa van ’n kind wat reg doen,het rede vir blydskap. ’n Wyse kind verskaf sy ouers groot vreugde.

25. Laat daar rede wees vir jou pa en jou ma om oor jou bly te wees.Mag jou ma wat jou in die lewe gebring het,rede hê om oor jou te juig.

26. My seun, maak jou hart vir my oop en volg my voorbeeld na.

27. ’n Sedelose vrou is soos ’n diep waterkuil. ’n Verleidster is soos ’n put waaruit jy nie kan kom nie.

28. Sy sit en wag vir haar prooi soos ’n rower. Sy soek na iemand om te oorreed tot ontrouheid aan sy vrou.

29. Wie het kopseer en lyfseer?Wie maak rusie en kla? Wie het onnodige kneusplekke? Wie se oë is bloedbelope?

30. Dis dié wat tot laat sit en drink en allerlei mengsels proe.

31. Moenie dat jy verlei word deur die rooi glans van wyn, die vonkel in die beker, die gladde manier waarop dit in jou keel afloop nie.

32. Nadat jy dit gedrink het, pik dit soos ’n slang, spoeg dit gif soos ’n kobra.

33. Jy sien dan vreemde dinge en jou gedagtes is verward.

34. Dit voel of jy rondsteier soos ’n matroos op see, of op ’n seilboot rondslinger.

35. Jy redeneer by jouself: “Hulle het my geslaan en ek het nie seergekry nie! Ek weet nie eers dat hulle my geslaan het nie. Wanneer ek wakker word,sal ek iets gaan soek wat ek kan drink.”

Lees volledige hoofstuk Spreuke 23