Ou Testament

Nuwe Testament

Sefanja 2:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Reël ’n byeenkoms en vergader,skaamtelose nasie!

2. Doen dit terwyl julle nog kan,voordat die oordeel beginen julle soos kaf sal wegwaai.Doen dit nou,voordat die brandende woedevan die Here oor julle ontvlam.Doen ditvoordat sy verskriklike oordeelsdagvir julle aanbreek.

3. Soek die Here,alle nederiges in die land,en doen wat Hy van julle verwag.Soek wat reg is en wees nederig.Miskien sal Hy julle beskermwanneer die oordeelsdag aanbreek.

4. Gasa sal verlate lêen Askelon sal verwoes word.Laatmiddag sal Asdod se inwonersuitgedryf weesen Ekron se inwoners uitgeroei wees.

5. Dit sal ellendig gaanmet hulle wat van Kreta af kom,met hulle wat woonlangs die kus by die see.Dit is die Here se boodskap vir julle:“Kanaän, land van die Filistyne,Ek sal jou vernietig,en geen inwoners sal meer oorbly nie.

6. Die kusgebied sal ’n weiveld wees,’n kampplek vir herders,en ’n skuiling vir skape.”

7. Dit sal ook ’n weiplek weesvir die oorblyfsel van Juda.In die aand sal die huise van Askelonhulle rusplekke wees.Die Here hulle God sal vir hulle sorgen hulle weer voorspoedig maak.

8. “Ek het gehoor hoe Moabverkleinerend praat,en hoe die Ammonietedie spot dryf.Hulle het my volk vernederen hulle grondgebied bedreig.

9. “Daarom,” sê die Here, die Almagtige, die God van Israel,“sowaar as wat Ek lewe,Moab sal word soos Sodomen Ammon soos Gomorra.Hulle lande sal vol onkruiden soutpanne wees,’n woesteny vir altyd.Dié van my volk wat oorleef het,sal hulle beroof.Die oorblyfsel van my volksal hulle land inneem.”

Lees volledige hoofstuk Sefanja 2