Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 5:21-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Die Kisonspruit het die vyand weggesleur, Kison, die rivier uit die oertyd.“Marsjeer aan, wees dapper!

22. “Die hoewe van die perde het geklap op die grond. Sisera se dapper manne het op ’n jaaggalop weggestorm.

23. “‘Meros is vervloek!’ sê die engel van die Here. Dié wat in Meros bly, is vir altyd vervloek. Hulle het die Herenie kom help nie. Hulle het Hom nie kom help om teen die kragtige soldate te veg nie.

24. “Van al die vroue moet Jael, die vrou van Geber die Keniet, geseën word. Sy moet meer geseën word as al die vroue wat in tente bly.

25. Sisera het vir water gevra. Sy het vir hom melk gegee. In ’n pragtige houer het sy dikmelk gegee.

26. In haar linkerhand het sy die tentpen gevat, in haar regterhand die dryfhamer. Sy het vir Sisera deurboor, sy kop verbrysel, hom pap geslaan en sy slape deurboor.

27. Hy het ineengestort, geval, en by haar voete gelê. Hy het geval, en waar hy by haar voete inmekaargestort het, het hy morsdood bly lê.

28. “Sisera se ma het uit die venster ondertoe gekyk. Sy het by die hortjies staan en sug. Sy het gevra:‘Waarom vat sy oorlogswa so lank om terug te kom?Hoekom bly die gedreun van sy wiele weg?’

29. Een van haar wyse prinsesseantwoord haar. Sy herhaal haar woorde:

30. ‘Hulle verdeel die groot buit wat hulle verower het. Vir elke soldaat ’n meisie of twee.Gekleurde klere as buit vir Sisera, gekleurde borduurwerkas buit,gekleurde borduurwerk vir my nek as buit.’

31. “Mag al u vyande, Here, tot niet gaan soos Sisera. Mag almal wat vir U lief is, wees soos die son wat in sy volle glorie opkom.” Daarna was daar 40 jaar lank vrede in die land.

Lees volledige hoofstuk Rigters 5