hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21

Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die Lied van Debora

1. Debora en Barak, die seun van Abinoam, het daardie dag ’n lied gesing:

2. “Prys die Here! Israel se leiers het opgetree, die volk het hulle kom aanmeld vir oorlog.

3. “Luister, konings, spits julle ore, regeerders!Ek sing vir die Here, ek prys die Here,die God van Israel, met my lied.

4. “Here, toe U opgetrek het en deur die veld van Edom marsjeer het, het die aarde gebewe, reën het uit die lug gestort, wolke het strome water gegiet.

5. Die berge het ineengekrimp voor die Here,Sinai voor die teenwoordigheid van die Here, God van Israel.

6. “In die dae van Samgar, die seun van Anat, in die dae van Jael, het die hoofpaaie stil geword, reisigers het afgedraai op die kronkelpaadjies.

7. Israel se platteland het ontvolk geraak, dit het agteruitgegaan totdat ek, Debora, na vore gekom het,’n moeder wat in Israel opgestaan het.

8. Die volk het nuwe gode vir hulle gekies, daar het toe oorlog in die stadspoorte losgebreek. Geen spies of skild was te sienonder Israel se 40 000 soldate nie.

9. “My hart bloei vir die leiers van Israel, vir die vrywilligers van die volk. Prys die Here.

10. “Julle wat op mooi donkies ry, wat op versierde saalsakke sit, julle wat op reis is, dink ’n bietjie na!

11. “By die drinkbakke sing hulle daaroor, hulle praat oor die oorwinning wat die Here behaal het, oor sy oorwinning vir die mense van Israel. “Die volk van die Herehet afgegaan na die poorte van die stad:

12. ‘Kom, Debora, kom!Word wakker, word wakker!Kom sing ’n lied!Kom, Barak, kom neem hulle gevange, vat jou gevangenes weg, seun van Abinoam!’

13. “Hulle wat oor was, het van Tabor afteen die magtiges opgetrek, die volk van die Herehet uitgetrek teen magtige soldate.

14. Party van hulle was van Efraim, selfs van waar die Amalekiete voorheen gewoon het; Benjamin, hulle het agter jou opgeruk. Uit jou volk van Makir het leiers van die berg afgekom, uit Sebulon het mense gekom wat die heersersepter dra.

15. Die leiers van Issaskar was saam met Debora. Issaskar het Barak gevolg. Hulle is te voet die vallei in. By Ruben se groep was daar huiwering.

16. Waarom het jy by die krale gebly, geluister hoe die herders vir hulle skape fluit? Onder Ruben se groepwas daar onsekerheid.

17. Gilead het bly sit oorkant die Jordaan.Dan, waarom het jy by die skepe gebly? Aser het op die seestrand bly sit, hy het nie van die hawens af beweeg nie.

18. Sebulon was nie bang om te sterf nie, ook nie Naftali op die gevegsfront nie.

19. “Konings het kom veg. Die konings van Kanaän het by Taänak kom veg,by die fonteine van Megiddo,sonder om silwer buit te maak.

20. “Die sterre het van bo uit die lug geveg, hulle het van bo uit hulle baneteen Sisera geveg.

21. Die Kisonspruit het die vyand weggesleur, Kison, die rivier uit die oertyd.“Marsjeer aan, wees dapper!

22. “Die hoewe van die perde het geklap op die grond. Sisera se dapper manne het op ’n jaaggalop weggestorm.

23. “‘Meros is vervloek!’ sê die engel van die Here. Dié wat in Meros bly, is vir altyd vervloek. Hulle het die Herenie kom help nie. Hulle het Hom nie kom help om teen die kragtige soldate te veg nie.

24. “Van al die vroue moet Jael, die vrou van Geber die Keniet, geseën word. Sy moet meer geseën word as al die vroue wat in tente bly.

25. Sisera het vir water gevra. Sy het vir hom melk gegee. In ’n pragtige houer het sy dikmelk gegee.

26. In haar linkerhand het sy die tentpen gevat, in haar regterhand die dryfhamer. Sy het vir Sisera deurboor, sy kop verbrysel, hom pap geslaan en sy slape deurboor.

27. Hy het ineengestort, geval, en by haar voete gelê. Hy het geval, en waar hy by haar voete inmekaargestort het, het hy morsdood bly lê.

28. “Sisera se ma het uit die venster ondertoe gekyk. Sy het by die hortjies staan en sug. Sy het gevra:‘Waarom vat sy oorlogswa so lank om terug te kom?Hoekom bly die gedreun van sy wiele weg?’

29. Een van haar wyse prinsesseantwoord haar. Sy herhaal haar woorde:

30. ‘Hulle verdeel die groot buit wat hulle verower het. Vir elke soldaat ’n meisie of twee.Gekleurde klere as buit vir Sisera, gekleurde borduurwerkas buit,gekleurde borduurwerk vir my nek as buit.’

31. “Mag al u vyande, Here, tot niet gaan soos Sisera. Mag almal wat vir U lief is, wees soos die son wat in sy volle glorie opkom.” Daarna was daar 40 jaar lank vrede in die land.