Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 2:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Ek het vir myself gesê: “Kom ek beproef plesier, en geniet die lewe!”Maar ook dit was sinloos!

2. Ek het gesê: “Om te lag is dwaasheid,en watter vreugde bring dit?”

3. Ek het gewonder wat sal gebeuras ek my liggaam met wyn verkwik,terwyl my verstand my met wysheid begelei,as ek dwaasheid vir ’n tyd omarmtot ek vasgestel hetwat die beste is waarmee ’n mens hom sy lewe lank onder die hemel besig kan hou.

4. Ek het toe ook groot projekte aangepak.Ek het huise vir myself gebou en groot wingerde vir myself aangelê.

5. Ek het vir myself tuine en parke uitgelê en verskillende vrugtebome daarin geplant.

6. Ek het damme vir myself gebou om die tuine vol jong bome nat te lei.

7. Ek het slawe en slavinne aangekoop.Ander is as slawe in my huis gebore. Ek het groot troppe beeste en kleinvee besit, meer as enigeen wat voor my in Jerusalem geleef het.

8. Ek het baie silwer en goud vir myself bymekaargemaak, asook ’n skat van konings en provinsies. Ek het sangers en sangeresse aangestel,en die dinge bekom waarmee mense die lewe geniet, naamlik een meisie na die ander.

9. Ek het ver uitgestyg bo almal voor myin Jerusalem,en my wysheid het my baie gehelp.

10. Alles wat my oë begeer het, het ek my nie ontsê nie.Ek het my nie teruggehou van enige plesier nie. Ek het genot gevind in my harde werk. Dit was my beloning vir al my inspanning.

Lees volledige hoofstuk Prediker 2