Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 11:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Gooi jou brood op die water,want na ’n lang tyd kry jy dit terug.

2. Sit jou besittings op sewe of agt plekke.Jy weet immers nie watter rampe die land kan tref nie.

3. As wolke vol water is, val daar reën op die aarde.Of ’n boom nou suid val of noord, dit bly lê waar dit geval het.

4. As jy heeldag na die wind kyk, sal jy nooit saai nie.En as jy na die wolke kyk, sal jy nooit oes nie.

5. Net so min as wat jy die pad van die wind ken,of weet hoe die liggaam lyk in die skoot van ’n swanger vrou,net so min verstaan jydie werk van God wat vir alles verantwoordelik is.

6. Saai jou saad vroegoggend, maar moenie ophou as dit aand word nie.Jy weet nie watter een suksesvol sal wees, en of al twee saam ’n goeie oes sal lewer nie.

7. Lig is soet,en dis goed vir die oë om die son te sien.

Lees volledige hoofstuk Prediker 11