Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 8:18-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. “Ek het egter nou die Leviete in hulle plek aanvaar.

19. Uit al die Israeliete het Ek die Leviete gekies en hulle vir Aäron en sy seuns gegee om by die tabernakel namens die res van Israel te dien. Hulle sal vir die Israeliete versoening doen sodat geen onheil hulle sal tref wanneer hulle na die tabernakel toe kom nie.”

20. Moses, Aäron en die hele vergadering van die Israeliete het toe met die Leviete gemaak presies net soos die Here vir Moses gesê het.

21. Die Leviete het hulle reggekry. Hulle het hulle klere gewas. Aäron het hulle toe voor die Here gebring om hulle aan Hom op te dra. Hy het vir hulle versoening gedoen om hulle te reinig.

22. Van toe af het die Leviete in die tabernakel ingegaan om daar hulle werk saam met Aäron en sy seuns te doen. Hulle het gemaak presies net soos die Here vir Moses oor die Leviete gesê het.

Lees volledige hoofstuk Numeri 8