hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Sê vir Aäron hy moet sorg dat die sewe lampies aan die voorkant lig maak wanneer hy hulle aan die kandelaar vassit.”

3. Aäron het toe so gemaak. Hy het die lampies aan die voorkant vasgesit, soos die Here vir Moses gesê het.

4. Die hele kandelaar was van sy voetstuk af tot bo by die amandelblommetjies van uitgeslaande goud gemaak. Dit was presies volgens die plan gemaak wat die Here vir Moses voorgehou het.

Die Leviete word in hulle werk

bevestig

5. Die Here het vir Moses gesê:

6. “Skei die Leviete van die ander Israeliete en berei hulle voor.

7. Doen dit deur reinigingswater oor hulle te sprinkel. Laat hulle dan hulle hele lyf skeer en hulle klere was sodat hulle gereinig kan wees.

8. Laat hulle dan ’n jong bul bring en ’n maaltydoffer van meel gemeng met olie en ook ’n tweede bul vir ’n sonde-offer.

9. Roep al die Israeliete bymekaar en bring die Leviete na die ingang van die tabernakel.

10. Wanneer jy die Leviete voor die Here bring, moet die Israeliete hulle hande op die Leviete kom lê.

11. Aäron moet die Leviete dan aan die Here voorstel en hulle aan hom opdra as ’n offer wat die Israeliete vir die Here gee. Hulle moet dan in diens van die Here staan.

12. “Die Leviete moet dan hulle hande op die koppe van die jong bulle sit. Hulle moet die een offer as ’n sonde-offer en die ander as ’n brandoffer om versoening te bring vir hulle sonde.

13. Laat die Leviete dan voor Aäron en sy seuns gaan staan. Dra hulle dan aan die Here op as ’n offer wat vir Hom aangebied word.

14. So sal jy die Leviete losmaak van die res van die Israeliete en hulle sal uitsluitlik in my diens staan.

15. Daarna kan die Leviete hulle werk in die tabernakel begin doen, want jy het hulle gereinig en hulle ’n offer vir God gemaak.

16. “Die Leviete behoort op ’n ander manier aan My as die ander Israeliete. Hulle staan in vir almal in Israel wat eerste gebore is.

17. Sowel mens as dier wat eerste gebore is in Israel, behoort eintlik aan My. Ek het hulle vir myself opgeëis die dag toe Ek die eersgeborenes in Egipte doodgemaak het.

18. “Ek het egter nou die Leviete in hulle plek aanvaar.

19. Uit al die Israeliete het Ek die Leviete gekies en hulle vir Aäron en sy seuns gegee om by die tabernakel namens die res van Israel te dien. Hulle sal vir die Israeliete versoening doen sodat geen onheil hulle sal tref wanneer hulle na die tabernakel toe kom nie.”

20. Moses, Aäron en die hele vergadering van die Israeliete het toe met die Leviete gemaak presies net soos die Here vir Moses gesê het.

21. Die Leviete het hulle reggekry. Hulle het hulle klere gewas. Aäron het hulle toe voor die Here gebring om hulle aan Hom op te dra. Hy het vir hulle versoening gedoen om hulle te reinig.

22. Van toe af het die Leviete in die tabernakel ingegaan om daar hulle werk saam met Aäron en sy seuns te doen. Hulle het gemaak presies net soos die Here vir Moses oor die Leviete gesê het.

Die dienstydperk van die Leviete

23. Die Here het ook vir Moses gesê:

24. “Die reël vir die Leviete is dat hulle van die ouderdom van 25 af in die tabernakel moet kom diens doen.

25. Ná 50 moet hulle ophou. Hulle mag dan nie langer in die tabernakel werk nie.

26. Hulle mag wel nog hulle mede-Leviete help om wag te staan by die tabernakel. Self mag hulle egter nie langer meer daar werk nie. So kan jy die werk van die Leviete organiseer.”