Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 8:11-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Aäron moet die Leviete dan aan die Here voorstel en hulle aan hom opdra as ’n offer wat die Israeliete vir die Here gee. Hulle moet dan in diens van die Here staan.

12. “Die Leviete moet dan hulle hande op die koppe van die jong bulle sit. Hulle moet die een offer as ’n sonde-offer en die ander as ’n brandoffer om versoening te bring vir hulle sonde.

13. Laat die Leviete dan voor Aäron en sy seuns gaan staan. Dra hulle dan aan die Here op as ’n offer wat vir Hom aangebied word.

14. So sal jy die Leviete losmaak van die res van die Israeliete en hulle sal uitsluitlik in my diens staan.

15. Daarna kan die Leviete hulle werk in die tabernakel begin doen, want jy het hulle gereinig en hulle ’n offer vir God gemaak.

16. “Die Leviete behoort op ’n ander manier aan My as die ander Israeliete. Hulle staan in vir almal in Israel wat eerste gebore is.

17. Sowel mens as dier wat eerste gebore is in Israel, behoort eintlik aan My. Ek het hulle vir myself opgeëis die dag toe Ek die eersgeborenes in Egipte doodgemaak het.

18. “Ek het egter nou die Leviete in hulle plek aanvaar.

19. Uit al die Israeliete het Ek die Leviete gekies en hulle vir Aäron en sy seuns gegee om by die tabernakel namens die res van Israel te dien. Hulle sal vir die Israeliete versoening doen sodat geen onheil hulle sal tref wanneer hulle na die tabernakel toe kom nie.”

20. Moses, Aäron en die hele vergadering van die Israeliete het toe met die Leviete gemaak presies net soos die Here vir Moses gesê het.

21. Die Leviete het hulle reggekry. Hulle het hulle klere gewas. Aäron het hulle toe voor die Here gebring om hulle aan Hom op te dra. Hy het vir hulle versoening gedoen om hulle te reinig.

22. Van toe af het die Leviete in die tabernakel ingegaan om daar hulle werk saam met Aäron en sy seuns te doen. Hulle het gemaak presies net soos die Here vir Moses oor die Leviete gesê het.

23. Die Here het ook vir Moses gesê:

Lees volledige hoofstuk Numeri 8