Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 6:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here sê toe vir Moses:

2. “Sê vir die Israeliete: As enige persoon, man of vrou, ’n gelofte aflê om ’n nasireër vir die Here te wees,

3. mag die persoon nie sterk drank, of asyn wat van wyn gemaak is, of gefermenteerde druiwesap, of vars druiwe of rosyntjies eet nie.

4. Solank hulle nasireërs is, mag hulle niks gebruik wat van druiwe af kom nie, selfs nie eens die pitte of druiwedoppe nie.

5. “Solank hulle nasireërs is, mag hulle hare nie gesny word nie. Hulle is afgesonder vir die Here. Hulle moet hulle hare laat groei.

6. Solank hulle nasireërs is vir die Here, mag hulle ook nie naby ’n lyk kom nie.

7. Selfs al is dit die persoon se pa, of ma, broer of suster wat dood is, mag hulle nie hulleself onrein maak deur hulle oorlede familie nie. Hulle hare wys dat hulle God se nasireërs is.

8. Solank hulle nasireërs is, is hulle afgesonder vir die Here.

Lees volledige hoofstuk Numeri 6