hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die nasireërgelofte

1. Die Here sê toe vir Moses:

2. “Sê vir die Israeliete: As enige persoon, man of vrou, ’n gelofte aflê om ’n nasireër vir die Here te wees,

3. mag die persoon nie sterk drank, of asyn wat van wyn gemaak is, of gefermenteerde druiwesap, of vars druiwe of rosyntjies eet nie.

4. Solank hulle nasireërs is, mag hulle niks gebruik wat van druiwe af kom nie, selfs nie eens die pitte of druiwedoppe nie.

5. “Solank hulle nasireërs is, mag hulle hare nie gesny word nie. Hulle is afgesonder vir die Here. Hulle moet hulle hare laat groei.

6. Solank hulle nasireërs is vir die Here, mag hulle ook nie naby ’n lyk kom nie.

7. Selfs al is dit die persoon se pa, of ma, broer of suster wat dood is, mag hulle nie hulleself onrein maak deur hulle oorlede familie nie. Hulle hare wys dat hulle God se nasireërs is.

8. Solank hulle nasireërs is, is hulle afgesonder vir die Here.

9. “As iemand skielik in hulle teenwoordigheid sterf, word hulle hare onrein. Hulle moet dan na sewe dae hulle hare afskeer sodat hulle weer rein kan word.

10. Op die agtste dag moet hulle twee tortelduiwe of twee jong duiwe na die priester by die ingang van die tabernakel bring.

11. Die priester sal een as ’n sonde-offer bring en die ander as ’n brandoffer. Die priester sal dan versoening bewerkstellig vir die skuld wat die lyk oor die nasireër gebring het. Op daardie dag sal die persoon sy hare opnuut aan die Here wy.

12. Die vorige tyd van sy nasireërgelofte val dan weg omdat sy nasireërskap besoedel is. Hy moet die tyd van sy nasireërbelofte aan die Here hernu. Hy moet ’n jaaroud rammetjie as ’n skuldoffer vir God bring.

13. “Dit is die voorskrif vir die nasireër. As die tyd van sy belofte verby is, moet hy na die ingang van die tabernakel gaan.

14. Hy moet vir die Here verskillende offers bring. Dit is ’n gesonde rammetjie van ’n jaar oud as brandoffer, ’n gesonde jaaroud ooitjie as ’n sonde-offer, ’n gesonde ram as vrede-offer,

15. ’n mandjie vol brood wat van fynmeel en olie gemaak is sonder suurdeeg en plaatkoekies met olie gesmeer as ’n maaltydoffer, saam met die voorgeskrewe drankoffers.

16. Die priester sal dit vir die Here aanbied en hy sal die sonde-offers en brandoffers bring.

17. Hy sal die ram as vrede-offer vir die Here bring saam met die mandjie ongesuurde brode. Hy sal dan ook die maaltyd- en drankoffers bring.

18. “Die nasireër moet dan daar by die ingang van die tabernakel sy hare afskeer en dit op die vuur sit waar die vrede-offer gebring word.

19. Die priester sal dan ’n gekookte blad van die ram vat, ’n broodjie uit die mandjie en ’n plaatkoekie, en dit in die handpalm van die nasireër sit wat sy hare afgeskeer het.

20. Die priester moet dan alles opdra aan die Here. Alles wat die priester na die Here uitgehou het, kan hy dan vir homself vat, ook die borsstuk en die boud. Daarna kan die nasireër weer wyn drink.

21. “Dit is die voorskrifte vir iemand wat ’n nasireërgelofte aan die Here afgelê het. As die nasireër ook iets anders as die gewone gelofte vir die Here belowe het, moet hy dit ook nakom.”

Die priester se seënbede

22. Die Here sê toe vir Moses:

23. “Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle die Israeliete seën:

24. ‘Die Heresal vir jou goed weesen vir jou sorg.

25. Die Here sal jou raaksien en vir jou sy liefde gee.

26. Die Here sal jou goedgesind wees en vir jou voorspoed gee.’

27. So sal hulle My aan die Israeliete verbind en Ek sal hulle seën.”