Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 32:25-34 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Die mense van Gad en Ruben het vir Moses gesê: “Ons is u dienaars. Ons sal doen wat u vir ons gesê het.

26. Ons vroue en kinders, ons vee en ons beeste sal hier in die dorpe van Gilead agterbly.

27. U dienaars sal almal gewapend optrek om vir die Here te gaan veg soos u gesê het.”

28. Moses het toe ’n opdrag vir die priester Eleasar, vir Josua seun van Nun en vir die leiers van die stamme van Israel gegee.

29. Moses het vir hulle gesê: “Wanneer al die gewapende mans van Gad en Ruben saam met julle deur die Jordaan getrek het om vir die Here te gaan oorlog maak en die land aan julle onderwerp is, moet julle die gebied van Gilead vir hulle gee as hulle eiendom.

30. As hulle gewapende manne nie saam met julle optrek nie, moet hulle tussen julle in Kanaän grond kry.”

31. Die mense van Gad en Ruben het toe weer gesê: “Ons sal presies alles doen wat die Here vir u dienaars gesê het.

32. Ons sal ten volle gewapen voor die Here optrek na die land Kanaän toe. Ons grond sal egter hier aan die duskant van die Jordaan wees.”

33. Moses het toe die gebied van Sihon, die koning van die Amoriete, en die gebied van Og, die koning van Basan, die hele streek met al sy stede en die dorpe daar rondom, vir die stamme Gad en Ruben en die halwe stam van Manasse, die seun van Josef, gegee.

34. Die mense van Gad het toe Dibon, Atarot, Aroër,

Lees volledige hoofstuk Numeri 32