Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 26:58-65 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

58. Hulle kleiner families was dié van Libni, Hebron, Magli, Musi en Korag. Kehat was die voorvader van Amram.

59. Die naam van Amram se vrou was Jogebed. Sy was ook uit die nageslag van Levi. Sy is in Egipte gebore. Haar en Amram se kinders was Aäron en Moses en hulle suster Mirjam.

60. Aäron was die pa van Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.

61. Nadab en Abihu is egter dood toe hulle verkeerde vuur na die altaar toe gebring het.

62. Die Leviete ouer as ’n maand was in totaal 23 000. Hulle is nie by die res van die Israeliete getel nie. Hulle het ook nie saam met die ander Israeliete grond gekry nie.

63. Dit is dan die mense wat Moses en die priester Eleasar getel het in die Moabsvlakte by die Jordaan reg teenoor Jerigo.

64. Nie een van hulle was deel van die Israeliete wat Moses en die priester Aäron voorheen in die Sinaiwoestyn getel het nie.

65. Die Here het vir daardie Israeliete toe al gesê dat hulle in die woestyn sal doodgaan. Dit was net Kaleb, die seun van Jefunne, en Josua, die seun van Nun, wat oorgebly het.

Lees volledige hoofstuk Numeri 26