hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

’n Tweede sensus

1. Die Here het toe vir Moses en die priester Eleasar, seun van Aäron, gesê:

2. “Tel almal bo twintig jaar in die gemeenskap van Israel volgens hulle families om te bepaal hoeveel van hulle oorlog kan maak.”

3. Hulle was op die vlakte van Moab, langs die Jordaan, reg teenoor Jerigo. Moses en die priester Eleasar het toe opdrag gegee:

4. “Tel almal ouer as twintig jaar wat oorlog toe kan gaan, soos die Here vir Moses gesê het.”Hier is die getalle van die Israeliete wat uit Egipte weg is:Stam van Ruben

5. Die Rubenfamilies wat afgestam het van Ruben, oudste seun van Jakob, was: Die Ganokgroep vernoem na Ganok, die Palluïete vernoem na Pallu.

6. Die Gesroniete en die Karmïete.

7. Die Rubenfamilies was altesaam 43 730 man.

8. Pallu se seun was Eliab,

9. en sy seuns was Nemuel, Datan en Abiram. Datan en Abiram was die leiers wat teen Moses en Aäron in opstand gekom het.

10. Die grond het onder hulle oopgegaan en hulle saam met Korag ingesluk. Die vuur het 250 van sy meelopers verbrand. Dit was ’n waarskuwing vir Israel.

11. Korag se seuns het egter nie gesterf nie. Stam van Simeon

12. Die groepe wat uit Simeon gebore is, was die groep van Jemuel, Jamin, Jakin,

13. Serag en Saul.

14. Die groep uit Simeon was altesaam 22 200. Stam van Gad

15. Die Gadfamilies was die Sifjongroep vernoem na Sifjon, die Gaggigroep vernoem na Gaggi, die Sunigroep vernoem na Suni,

16. die Osnigroep vernoem na Osni, die Erigroep vernoem na Eri,

17. die Arodgroep vernoem na Arod en die Areligroep vernoem na Areli.

18. Die Gadgroepe was in totaal 40 500. Stam van Juda

19. Juda het twee seuns gehad: Er en Onan. Hulle is vroeër reeds in Kanaän dood.

20. Uit die seuns van Juda wat bly leef het, het die volgende groepe gekom, naamlik dié van Sela, Peres en Serag.

21. Die Peresgroep het weer bestaan uit die families Gesron en Gamul.

22. Die Judafamilies was altesaam 76 500 man. Stam van Issaskar

23. Van Issaskar het die groepe van Tola, Puwwa,

24. Jasub en Simron gekom.

25. Die Issaskargroepe was 64 300. Stam van Sebulon

26. Sebulon se nasate het bestaan uit die groepe van Sered, Elon en Jagleël.

27. Die Sebulonfamilies was altesaam 60 500 man.Stam van Manasse

28. Uit Josef het twee groepe gekom, dié van Manasse en dié van Efraim.

29. Uit die Manassegroep het die mense van Makir en die voorvader van Gilead gekom.

30. Die families van Gilead was Iëser, Gelek,

31. Asriël, Sekem,

32. Semida, Gefer

33. en Selofgad. Selofgad, die seun van Gefer, het nie seuns gehad nie. Hy het wel dogters gehad. Hulle name was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa.

34. Die mans van die Manassegroepe was altesaam 52 700.Stam van Efraim

35. Die Efraimgroepe was dié van Sutelag, Beker en Tagan.

36. Uit die Sutelaggroep het die familie van Eran gekom.

37. Die Efraimgroepe het 32 500 getel. Hierdie groepe van Manasse en Efraim het almal van Josef gekom.Stam van Benjamin

38. Uit Benjamin het die groepe van Bela, Asbel, Agiram,

39. Sefufam en Gufam afgestam.

40. Van Bela het die families van Ard en Naäman gekom.

41. Hierdie groepe uit Benjamin was 45 600. Stam van Dan

42. Van Dan se stam het die groep van Sugam gekom.

43. Die Sugamgroep was die enigste nageslag van Dan. Hulle was 64 400.Stam van Aser

44. Die groepe uit Aser was die families van Jimna, Jiswi en Beria.

45. Die Beriagroep het bestaan uit die families van Geber en Malkiël.

46. Aser het ook ’n dogter gehad met die naam Serag.

47. Die groepe uit Aser was in geheel 53 400. Stam van Naftali

48. Die groepe uit Naftali was dié van Jagseël, Guni,

49. Jeser en Sillem.

50. Die groepe van Naftali was altesaam 45 400 man.

51. Die totale aantal mans wat getel is in Israel was 601 730.

Verdeling van die land

52. Die Here het toe vir Moses gesê:

53. “Verdeel nou die land tussen die groepe wat julle getel het volgens elkeen se grootte.

54. Gee vir die groter groepe groter eiendom en aan die kleiner groepe kleiner eiendom, elkeen volgens getal.

55. Verdeel die land deur te loot. Elke stam moet eiendom ontvang volgens hulle telling.

56. Bepaal vir elkeen waar sy eiendom is deur tussen die groter en die kleiner stamme te loot.”Die stam van Levi

57. Die stam van Levi wat getel is, was die groepe van Gerson, Kehat en Merari.

58. Hulle kleiner families was dié van Libni, Hebron, Magli, Musi en Korag. Kehat was die voorvader van Amram.

59. Die naam van Amram se vrou was Jogebed. Sy was ook uit die nageslag van Levi. Sy is in Egipte gebore. Haar en Amram se kinders was Aäron en Moses en hulle suster Mirjam.

60. Aäron was die pa van Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.

61. Nadab en Abihu is egter dood toe hulle verkeerde vuur na die altaar toe gebring het.

62. Die Leviete ouer as ’n maand was in totaal 23 000. Hulle is nie by die res van die Israeliete getel nie. Hulle het ook nie saam met die ander Israeliete grond gekry nie.

63. Dit is dan die mense wat Moses en die priester Eleasar getel het in die Moabsvlakte by die Jordaan reg teenoor Jerigo.

64. Nie een van hulle was deel van die Israeliete wat Moses en die priester Aäron voorheen in die Sinaiwoestyn getel het nie.

65. Die Here het vir daardie Israeliete toe al gesê dat hulle in die woestyn sal doodgaan. Dit was net Kaleb, die seun van Jefunne, en Josua, die seun van Nun, wat oorgebly het.