Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 3:28-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

28. Die priesters het die volgende gedeelte van die muur bokant die Perdepoort herstel. Elkeen het aan die gedeelte regoor sy huis gewerk.

29. Sadok seun van Immer het die volgende deel wat reg oorkant sy huis was, herstel. Semaja seun van Sekanja en opsigter van die Oospoort het die stuk van die muur wat gevolg het, reggemaak.

30. Langs hulle het Gananja seun van Selemja en Ganun, die sesde seun van Salaf, aan die muur gewerk. Hulle is gevolg deur Mesullam seun van Berekja wat die deel regoor sy kamer herstel het.

31. Malkija, een van die goudsmede, het die volgende stuk van die muur herstel. Hy het gewerk tot by die kwartiere van die tempelslawe en die handelaars, regoor die Inspeksiepoort en verder tot by die kamer bo-op die hoek.

32. Die ander goudsmede en handelaars het aan die gedeelte van die muur tussen die kamer op die hoek en die Skaappoort herstelwerk gedoen.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 3