Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 3:18-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Hulle familie was die volgende groep wat gewerk het. Hulle het onder leiding van Binnuï seun van Genadad, hoof van die res van die Keiladistrik, gewerk.

19. Hulle is gevolg deur Eser seun van Jesua wat die hoof van die Mispagebied was. Hy het aan ’n gedeelte van die muur wat ’n hoek vorm, gewerk. Dit was reg oorkant die wapenkamer.

20. Barug seun van Sabbai het aan die aangrensende deel van die muur gewerk. Die deel van die muur het vanaf die versterkte hoekgedeelte tot by die deur van die huis van die hoëpriester Eljasib gestrek.

21. Meremot seun van Urija, kleinseun van Kos, het verder aan die muur gewerk wat gestrek het vanaf die deur van die huis van Eljasib tot aan die einde van die huis.

22. ’n Volgende stuk van die muur is deur die priesters van die omgewing herstel.

23. Langs hulle het Benjamin, Gassub en Asarja seun van Maäseja, kleinseun van Ananeja gewerk. Hulle het die gedeeltes van die muur reg voor hulle huise herstel.

24. Die volgende stuk, die deel van Asarja se huis tot by die versterkte hoekgedeelte, het Binnuï seun van Genadad reggemaak.

25. Palal seun van Usai het die gedeelte van regoor die hoekgedeelte herstel tot by die toring teen die boonste paleis by die Wagplein. Aan die gedeelte van die muur langs hom het Pedaja seun van Paros gewerk,

Lees volledige hoofstuk Nehemia 3