hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3

Ou Testament

Nuwe Testament

Nahum 3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die Here se oordeel oor Nineve

1. Dit sal sleg gaan met Nineve, stad van moord en leuens.Vol met buit, maar roof sonder ophou.

2. Swepe klap, wiele dreun!Perde jaag, strydwaens bokspring!

3. Ruiters kom aangejaag,swaarde blink en spiese blits.Daar is baie dooies, hope liggame,en mense struikel oor tallose lyke.

4. Nineve, die mooi en sedelose vrou,is die oorsaak hiervan,sy wat guns wen met haar betowering,wat volke verslaaf met haar onsedelikheid en families met haar toorkuns.

5. Die Here, die Almagtige, sê: “Ek is jou vyand! Ek sal jou rokke bo-oor jou gesig opligsodat die hele wêreld jou naaktheid en skande kan aanskou.

6. Ek sal jou met mis besmeer en jou verneder.Ek sal ’n bespotting van jou maak.

7. Almal wat jou sien, sal met afgryse wegdraai en sê:‘Nineve lê heeltemal verwoes, maar wie gee om?’Waar kry Ek iemand om jou te troos?”

8. Is jy enigsins beter as Tebes, gevestig aan die Nyl,’n stad omring met riviere, beskut met water aan alle kante?

9. Hulle bron van krag was Etiopië en Egipte,wat gelyk het of hullegeen einde het nie.Put en Libië was hulle bondgenote.

10. Nogtans is Tebes ingeneemen sy inwoners weggevoer as ballinge.Op die straathoeke is hulle babas doodgeslaan.Die lot is gewerp oor belangrike leiers,vernames is met kettings geboei.

11. Nineve, ook jy sal slingersoos ’n dronkaard.Uit vrees vir die vyand sal jy soek na ’n skuiling, na ’n beskerming van die vyand.

12. Al jou vestings is soos vyebomemet die eerste ryp vye.Wanneer ’n mens die boom skud,val die vye in die mond van die eter.

13. Kyk na jou soldate,hulle is so swak soos vroue.Jou landsgrense is wawyd oop vir jou vyand.Die sluitbalke van jou poorte is met vuur verbrand.

14. Maak gereed vir die inval!Gaar water op, versterk jou vestings!Gaan staan in die kleiput, brei die klei!Versterk die steenvorms!

15. Daar sal julle deur vuur verteer word,of deur die swaard sneuwel,soos sprinkane wat julle verorber.Vermeerder soos sprinkane,word baie soos treksprinkane!

16. Jou stad is vol handelaars, talryk soos sterre in die hemel.Soos ’n swerm sprinkane stroop hulle die land en vlieg weg.

17. Jou wagte is soos sprinkane,jou beamptes soos treksprinkane.Hulle drom saam op die klipmureom die koue te oorleef.Maar as die son opkom, vlieg hulle weg en niemand weet waarheen nie.

18. Koning van Assirië, jou leiers sluimer, jou vername mense slaap.Jou volk is op die berge versprei,met niemand wat hulle versamel nie.

19. Jou wond kan nie meer genees nie,jou siekte is noodlottig.Almal wat van jou ondergang hoor,klap hulle hande van blydskap.Want wie het nie onder jou wreedheid gely nie?