Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 2:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Verskriklike dinge lê in die vooruitsig vir julle wat snags op julle beddens lê en bose planne bedink.Vroegoggend staan julle open voer dit uit omdat julle die mag het om dit te doen.

2. As julle ’n stuk grond wil hê, lê julle beslag daarop.As julle iemand se huis wil hê,vat julle dit van hulle af.Nie eers iemand se familie of erfgrond is veilig nie!

3. Maar die Here sê: “Ek sal kwaadmet kwaad vergeld.Daar is nie ’n kans dat julle sal ontsnap nie!Julle gaan ’n slegte tyd beleef,niks gaan oorbly van julle trots nie.”

4. Daardie dag sal julle vyande met julle spot.Hulle sal ’n treurlied sing en sê:“Dit is verby met ons, ons is heeltemal geruïneer! God het ons landvan ons af weggevat. Hy het dit verdeel onder die mense wat ons verraai het.”

Lees volledige hoofstuk Miga 2