Ou Testament

Nuwe Testament

Maleagi 3:10-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Die Here, die Almagtige, sê: “Bring al die tiendes na die stoorkamers sodat daar genoeg kos in my tempel kan wees. Toets My hierin of Ek nie vir julledie vensters van die hemelsal oopmaak nie. Ek sal voorspoed op julle laat reën wat meer as genoeg vir julle sal wees!”

11. Die Here, die Almagtige, sê: “Ek sal sorg dat insekte julle oes nie verwoes nie en julle wingerde op die landerye nie misluk nie.

12. Dan sal al die nasies julle as geseënd beskouomdat julle land begeerlik is.” Dit is wat die Here, die Almagtige, sê.

13. Die Here sê: “Julle sê verskriklike dinge van My.Maar julle sê: ‘Wat het ons van U gesê?’

14. Julle het gesê: ‘Dis tevergeefs om God te dien. Wat het ons daarby gebaat om sy voorskrifte na te kom of om die Here, die Almagtige, te wys dat ons berou het oor ons sonde?

15. Kwaaddoeners word ryk, en mense wat God uitdaag, kom skotvry daarvan af. Daarom sal ons voortaan sê: Verwaande mense is gelukkig.’”

16. Die mense wat die Here dien, het toe met mekaar gepraat. Die Here het na hulle geluister en gehoor wat hulle sê. Hulle het ’n gedenkboek in sy teenwoordigheid geskryf. Dit het die name bevat van mensewat die Here met ontsag dien en graag aan Hom dink.

17. Die Here, die Almagtige, sê: “Die dag as Ek ingryp, sal hulle my kosbare besitting wees. Ek sal sagkens met hulle werk, soos ’n pa met sy kindwat lojaal aan hom is.

18. Dan sal julle weer die verskil sien tussen mense wat reg doen en goddelose mense, die verskil tussen mense wat God dien en dié wat Hom nie dien nie.”

Lees volledige hoofstuk Maleagi 3