Ou Testament

Nuwe Testament

Maleagi 3:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here, die Almagtige, sê: “Kyk, Ek stuur my boodskapperwat die pad voor My gereedmaak.Die Here na wie julle soek, sal skielik na sy tempel toe kom. Die boodskapper van die verbond na wie julle so uitsien, kom beslis.

2. Maar wie sal die dag van sy koms kan deurstaan? Wie sal kan standhou wanneer Hy verskyn? Hy sal wees soos vuur wat metaal suiwer of soos seep wat klere spierwit was.

3. Hy sal gaan sit en oordeel soos iemand wat silwer smelt en suiwer maak. Hy sal die Leviete suiwer en hulle soos goud en silwer louter. Dan sal hulle weer vir die Here aanvaarbareoffers bring.

4. Dan sal die Hereweer offers aanvaarvan Juda en Jerusalem se mense,soos vroeër.”

5. Die Here, die Almagtige, sê: “Ek kom om julle te oordeel. Ek sal dadelik gereed wees om teen die towenaars, egbrekers en leuenaars te getuig. Ek sal getuig teen mense wat hulle werkers met lone bedrieg en weduwees en weeskinders onderdruk. Verder sal Ek ook getuig teen hulle wat vreemdelingetussen julle laat swaarkry en teen hulle wat My nie respekteer nie.”

6. “Ek is die Here, Ek verander nie. Daarom, nageslag van Israel, is julle nie heeltemal uitgewis nie.

Lees volledige hoofstuk Maleagi 3