Ou Testament

Nuwe Testament

Maleagi 1:8-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Die Here, die Almagtige, sê:“Is dit nie verkeerd as julle blinde diere bring om te offer nie? Is dit nie ook verkeerd om lam en siek diere te offer nie? Bring ’n bietjie sulke geskenke vir julle goewerneur en kyk of hy daarmee tevrede sal wees en julle vriendelik sal ontvang!

9. Roep God aan en smeek Hom om julle genadig te wees! Maar as dit die soort offers is wat julle bring, hoekom sal Ekjulle goedgesind wees?”vra die Here, die Almagtige.

10. “Ek wens iemand van julle wil die tempeldeure toesluit sodat julle nie meer nuttelose offers kan bring nie! Ek is glad nie tevrede met julle nie. Ek stel nie in julle offers belang nie,” sê die Here, die Almagtige.

11. “Daar is nasies wat My eer van waar die son opkom tot waar dit weer ondergaan. Oral eer hulle My deur wierookoffers en rein offers te bring. Die nasies het groot ontsag vir my Naam,” sê die Here, die Almagtige.

Lees volledige hoofstuk Maleagi 1