Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 13:54-59 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

54. sal die priester aanbeveel dat dit gewas moet word en vir nog sewe dae eenkant gehou moet word.

55. Dan moet die priester dit weer ondersoek. As hy sien dat die besmette deel nie verander het nadat dit gewas is nie, selfs al het dit nie verander nie, is dit nog onrein. Dit moet heeltemal verbrand word of dit nou aan die binne- of aan die buitekant besmet is.

56. As die priester sien dat die besmette deel ná die was verbleik het, moet hy die kol van die klere, die materiaal of die leer uitsny.

57. As die kol weer na ’n ruk verskyn, is die skimmel duidelik aan die versprei en moet die besmette artikel verbrand word.

58. As die kol verdwyn nadat dit gewas is, moet dit weer gewas word en dan sal dit rein wees.

59. “Dit is die instruksie wat geld vir wol- of linneklere of materiaal of iets wat met leer gemaak is en wat met aansteeklike skimmel besmet is. Dit is hoe die priester sal bepaal of hierdie dinge rein of onrein is.”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 13