Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 1:3-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. “As julle ’n bees as ’n brandoffer bring, bring dan ’n bul sonder enige liggaamsgebrek. Bring die bul na die ingang van die tent van ontmoeting sodat dit vir die Here aanvaarbaar kan wees.

4. Lê jou hand op die kop van die brandoffer sodat die Here dit as plaasvervanger vir jou kan aanvaar en dit so vir jou versoening kan bewerk.

5. Slag die bul in die teenwoordigheid van die Here. Die seuns van Aäron, die priesters, sal die bloed vat en dit teen die kante van die altaar sprinkel wat voor die tent van ontmoeting staan.

6. Wanneer die dier geslag en in stukke gesny is,

7. sal die seuns van Aäron die priester op die altaar ’n houtvuur maak.

8. Aäron se seuns sal dan die stukke van die dier saam met die kop en die vet op die houtvuur neersit.

9. Maar die binnegoed en die pote moet eers met water gewas word. Dan sal die priesters die hele offer op die altaar verbrand. Dit is die brandoffer, met vuur gemaak en aangenaam vir die Here.

10. “As julle ’n skaap of bok bring as ’n brandoffer, bring ’n ram sonder enige liggaamsgebrek.

11. Slag die dier aan die noordekant van die altaar in die teenwoordigheid van die Here. Aäron se seuns, die priesters, sal die bloed langs die kante van die altaar sprinkel.

12. Sny die dier in stukke. Die priesters sal die stukke van die offer saam met die kop en die vet bo-op die altaar met die houtvuur neersit.

13. Die binnegoed en die pote moet eers met water gewas word. Dan sal die priesters die hele offer op die altaar verbrand. Dit is die brandoffer, gemaak met vuur en aangenaam vir die Here.

14. “As julle ’n voël bring as brandoffer vir die Here, kies ’n tortelduif of ’n jong duif.

15. Die priester sal die voël na die altaar toe neem, sy nek omdraai en die kop op die altaar verbrand. Hy moet dan die bloed langs die kante van die altaar laat uitdrup.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 1