Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 2:1-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Soos ’n donker wolk het die Here se woedeoor Jerusalem gekom. Hy het van bo uit die hemel die mooi stad van Israelin die grond gedruk. Toe Hy kwaad geword het, het Hy selfs die tempelnie gespaar nie.

2. Die Here het sonder genade elke huis in Israel vernietig. In sy woede het Hy die versterkte mure van Jerusalemomgestamp. Hy het hulle koninkrykmet al sy leiers in die aarde weggetrap.

3. Hy het gekook van woede toe Hy Israel se krag gebreek het. Hy het nie ’n hand gelig om hulle te help toe hulle vyand hulle aangeval het nie. Hy was soos ’n vuur wat van alle kante af teen Israel uitgebreek het.

4. Hy het sy boog gespan teen sy mense asof hulle sy vyand is. Hy het sy krag gebruik om alles te verwoes wat kosbaar is. Hy het sy woede soos vuur laat uitbreekteen alles wat kosbaar is in Jerusalem.

5. Die Here het Israel verwoes asof dit sy vyand is.Al hulle blyplekke en vestings het Hy afgebreek. Baie hartseer en trane het Hy in Jerusalem gebring.

6. Hy het sy tempel afgebreek asof dit ’n afdak in ’n tuin was. Die Here het ’n einde gemaak aan feeste en Sabbatte in Sion. In sy verontwaardiging het Hy koning en priester uit die weg geruim.

7. Die Here het sy eie altaar verwerp.Hy het sy tempel verag. Hy het die vyand toegelaat om Jerusalem se vestingmure af te breek. Hulle het in die Here se huis lawaai gemaak asof hulle daar feesvier.

8. Die Here het besluit: Sion se mure moet afgebreek word. Hy het finaal besluit om dit te verwoes. Die versterkings en die mure het saam ineengestort.

9. Jerusalem se hekke lê op die grond. Die Here het hulle uit hulle skarniere geruk. Haar koning en haar leiers het by vreemde volke beland. Die wet het verdwyn. Profete kry nie meer visioenevan die Here af nie.

10. Die leiers van Jerusalemsit stomgeslaan op die grond. Hulle het begrafnisklere aan en gooi grond op hulle koppesoos hulle treur. Die jongmeisies van Jerusalem laat uit skaamte hulle koppe hang.

11. My oë is leeg gehuil. Ek is bitter ontsteld as ek sien hoe my volk in duie stort. Kinders en babatjies val flou en sterf in die stad se strate.

12. “Ons is honger,” sê die kinders vir hulle ma’s. In die strate sak hulle inmekaar soos iemand wat gewond is. Hulle sterf in die arms van hulle ma’s.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 2