Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 1:12-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Is dit nie vreeslik vir julle wat by die stad verbyloop nie?Kyk goed of daar ’n hartseer iswat pyn soos dié van my! Die Here het dit oor my gebringtoe Hy woedend was vir my.

13. Hy het vuur van bo gestuur wat my verteer. Hy het ’n vangnet vir my gespan wat my laat terugsteier. Hy het my verlate gemaak en ongeneeslik siek agtergelaat.

14. Die Here het met sy hand van my oortredings ’n juk gevleg.Hy het dit op my nek gesit.Dit het my laat struikel.Die Here het my uitgelewer aan hulleteen wie ek nie kan veg nie.

15. Die Here het al my sterk manne met minagting behandel. Hy het ’n leër laat kom wat my jong manne verpletter het. Die Here het Judastukkend getrap soos ’n mens druiwe uittrap.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 1