Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 18:6-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Hulle moet met die geskrewe verdeling na my toe kom. Ek sal hier in die teenwoordigheid van die Here ons God met die lot bepaal wie van julle watter deel sal kry.

7. Die Leviete kry nie ’n deel saam met julle nie. Hulle erfporsie is die priesterskap vir die Here. Gad, Ruben en die helfte van Manasse het reeds hulle deel oos van die Jordaan gekry toe Moses, die dienaar van die Here, dit vir hulle gegee het.”

8. Die mans het toe reggemaak om te vertrek. Josua het vir die mans wat die verdeling van die land moes neerskryf, beveel: “Gaan deur die land, skryf alles neer, en kom terug na my toe dat ek vir julle met die lot hier voor die Here in Silo kan bepaal watter deel elke stam kry.”

9. Die mans het vertrek en deur die land gegaan. Hulle het die dorpe volgens sewe streke in ’n boek opgeskryf. Hulle het toe teruggekom by Josua in die kamp by Silo.

10. Josua het toe die lot voor die Here daar in Silo gewerp en die land tussen die Israelitiese stamme verdeel.

11. Die lot het bepaal dat die families van die stam Benjamin die gebied tussen dié van Juda en Josef moet kry.

12. Aan die noordekant begin hulle grens by die Jordaan, loop dan teen die skuinste noord van Jerigo verby, gaan weswaarts teen die berge uit en loop deur die woestyn van Bet-Awen.

13. Daarvandaan loop die grens suid van die gebied van Lus (dit is Bet-El) verby, en gaan dan af na Atrot-Addar oor die berg suid van Bet-Goron-Onder.

14. Dan swaai die grens wes al langs die suidelike kant van die heuwel regoor Bet-Goron en loop dood by Kirjat-Baäl (dit is Kirjat-Jearim), ’n stad wat aan Juda behoort. Dit is hulle westelike grens.

15. Die suidelike grens begin buite Kirjat-Jearim, loop wes en kom uit by die Neftoagsfontein.

16. Dit gaan dan af na die voet van die berg regoor die Ben-Hinnomdal, noord van Spooklaagte. Van daar loop die grens onder deur die Hinnomdal oor na die skuinste suid van die Jebusietestad en af na die Rogelfontein toe.

17. Van daar draai dit noordoos en loop na Semesfontein, en deur na Gelilot teenoor die skuinste van Adummim en af tot by die Klip van Bohan (hy was die seun van Ruben).

18. Dit loop dan noord van die skuinste bo die Jordaanvallei af na die Jordaanvallei,

Lees volledige hoofstuk Josua 18