Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 1:13-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. “Onthou die opdrag wat die Here se dienaar Moses vir julle gegee het: ‘Die Here julle God het hierdie gebied vir julle as vaste woonplek gegee.’

14. “Julle vroue, kinders en vee mag intussen aan hierdie kant van die Jordaan bly wat Moses aan julle toegeken het. Julle vegters moet egter gewapend voor julle broers uitmarsjeer en hulle gaan help.

15. Eers nadat die Here ook aan julle broers vaste blyplek gegee het en hulle die grond in besit geneem het wat die Here julle God aan hulle gee, kan julle terugkom om julle te vestig in die deel oos van die Jordaan wat die Here se dienaar Moses vir julle gegee het.”

16. Hulle het vir Josua geantwoord: “Ons sal alles doen wat jy vir ons sê. Ons sal gaan waarheen jy ons ook al stuur.

17. Soos ons na Moses geluister het, sal ons ook aan jou gehoorsaam wees. “Mag die Here jou God saam met jou wees soos Hy by Moses was.

18. Enige persoon wat jou opdragte verontagsaam en nie luister na alles wat jy beveel nie, sal tereggestel word. Jy moet sterk en dapper wees.”

Lees volledige hoofstuk Josua 1