Ou Testament

Nuwe Testament

Job 42:10-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Nadat Job vir sy vriende gebid het, het die Here hom weer voorspoedig gemaak. Trouens, die Here het hom twee keer soveel gegee as wat hy voorheen gehad het.

11. Toe het al sy broers en susters en almal wat hom voorheen geken het, gekom en saam met hom in sy huis feesgevier. Hulle het hom getroos en moed ingepraat oor al die rampe wat die Here oor hom gebring het. Hulle het elkeen vir hom ’n stuk silwer en ’n goue ring gegee.

12. Die Here het die laaste deel van Job se lewe meer geseën as die eerste. Hy het 14 000 skape, 6 000 kamele, 1 000 spanne osse en 1 000 donkies gekry.

13. Hy het ook vir hom sewe seuns en drie dogters gegee.

14. Die oudste dogter het hy Jemima genoem, die tweede Kesia en die derde Keren-Puk.

15. In die hele land was daar nêrens vroue so mooi soos Job se dogters nie. Hulle pa het hulle saam met hulle broers laat erf.

16. Job het nog 140 jaar gelewe. Hy het sy kinders en kleinkinders gesien, tot in die vierde geslag.

17. Job het ná ’n vol lewe op ’n hoë ouderdom gesterf.

Lees volledige hoofstuk Job 42