Ou Testament

Nuwe Testament

Job 1:15-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Toe oorval skurke ons uit Skeba. Hulle het al die diere gesteel en al die werkers doodgemaak. Ek is die enigste een wat kon wegkom om dit vir u te vertel.”

16. Hy was nog besig met dié droewige verhaal toe ’n ander man by Job aankom met die nuus: “Weerlig het van God af uit die hemel geslaan* en al u skape en al die skaapwagters doodgeslaan. Ek is die enigste een wat oorleef het om dit vir u te vertel.”

17. Hy was nog besig om te praat toe ’n derde boodskapper by Job aangehardloop kom met die nuus: “Drie groepe Galdese rowers het al u kamele gesteel. Hulle het ook al u werkers doodgemaak. Ek is die enigste wat oorleef het om dit vir u te vertel.”

18. Hy was nog besig om vir Job van die tragedie te vertel toe nog ’n boodskapper met die nuus kom: “U seuns en dogters het partytjie gehou in die huis van hulle oudste broer.

19. Skielik was daar ’n baie sterk wind wat van die woestyn se kant af gewaai het. Dit het die huis van alle kante getref, en die huis het inmekaargeval. Al u kinders is op slag dood. Ek was die enigste wat oorleef het om dit vir u te vertel.”

20. Job het toe opgestaan. Hy het sy klere stukkend geskeur. Hy het ook sy hare afgeskeer. Daarna het hy op die grond voor God geval.

21. Hy het gesê: “Naak het ek uit my ma se skoot gekom,en naak sal ek weer wees die dag wanneer ek doodgaan.Die Here het my alles gegee wat ek gehad het,en nou het Hy dit alles weggeneem. Prys die Naam van die Here!”

22. In alles wat gebeur het, het Job nie gesondig nie en God nie verwyt nie.

Lees volledige hoofstuk Job 1