Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 59:13-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. ons opstand en valsheid teen die Here, die ontrou teen ons God,ons onreg en verdraaiing van die reg.Ons beplan en vertel leuens.

14. Die reg is omgekeer, die regverdige mense moet op ’n afstand staan.Die waarheid struikel in die strate.Eerlikheid kan nie daaringaan nie.

15. Waarheid is nêrens te vind nie.Elkeen wat ophou om kwaad te doen,word self vervolg.Die Here het dit raakgesien, en dit was vir Hom verkeerddat daar geen regverdigheid in die regspraak meer was nie.

16. Hy was verstom om te sien dat niemand die verdruktes help nie.Daarom het Hy self gekomom redding te bewerk en geregtigheid te laat geskied.

17. Hy trek regverdigheid aan soos beskermende klere,en sit die helm van redding op sy kop.Sy klere is wraak en sy woede ’n mantel.

18. Hy vergeld almalvolgens hulle verdienste:sy woede straf sy vyande,selfs hulle wat ver is.

19. Van die westekant afsal mense die Naam van die Here eer, van die oostekant afsal hulle sy heerlikheid eer.Hy kom soos ’n opgedamde vloed,wat deur die Gees van die Hereaangeblaas word.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 59