Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 53:7-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Hy is geslaan en mishandel,maar hy het sy mond nie oopgemaak nie.Hy is soos ’n lam wat ter slagting gelei word.Soos ’n skaap stil is voor sy skeerders, so het ook hý sy mond nie oopgemaak nie.

8. Hy is verdruk, skuldig bevind, en weggelei na sy dood.Wie van sy mense het besef dat hy vir hulle sondes doodgemaak word?Dat hy eintlik in húlle plekgestraf word?

9. Hy het niks verkeerdsgedoen nie, en het nooit enigiemand bedrieg nie.Tog is hy soos ’n misdadiger begrawe,in ’n ryke se graf neergelê.

10. Maar dit was die Here se wilom hom te vermorselen te laat ly.Al het die Here sy lewe ’n skuldoffer gemaak,sal hy ’n groot nageslag kryen nog lank lewe.Die Here se plansal as gevolg van Hom ontvou.

11. Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sienen tevrede wees.En deur alles wat hy beleef het, sal my regverdige dienaar dit moontlik maak vir baie om ook regverdig te word,want hy dra al hulle sondes.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 53