Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 51:4-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. “Luister na My, my volk.Hoor mooi, Israel, want my onderrig sal van My af uitgaan, my regsal ’n lig wees vir die volke.

5. My redding kom gou,my verlossing is op pad.Die eilande wag op My.Hulle hoop op my redding.

6. Kyk op in die lug bokant julle, kyk af na die aarde hieronder.Die lug sal verdwyn soos rooken die aarde sal vergaan soos klere.Die mense op die aarde sal doodgaan soos vlieë,maar die redding wat Ek bring,sal wees vir altyd.My regspraak sal vir altyd duur.

7. “Luister na My, julle wat weet wat reg is,julle wat my wette in julle harte het.Moenie bang wees vir mense wat met julle spot nie.Moenie skrik as hulle julle beledig nie.

8. Want vismotte sal hulle opvreet soos klere.Wurms sal hulle opvreet soos wol.Maar my regspraak sal wees vir altyd,my redding vir alle geslagte.”

9. Word wakker! Word wakker, Here! Beklee Uself met mag,sterk arm van die Here! Word wakker soos vroeër soos in tye lank gelede. Is dit dan nie U wat Rahabaan stukke gekap het,die seemonsterdeurboor het nie?

10. Is U nie die Een wat die see, die diepwaters,laat opdroog het,wat ’n pad gemaak het op die bodem van die seesodat dié wat verlos is, kon deurtrek nie?

Lees volledige hoofstuk Jesaja 51