Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 51:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Luister baie mooi na My, almal wat die reg nastreef en na die wil van die Here vra!Dink aan die rots waaruit julle gekap is, die klipgroef waaruit julle gesny is.

2. Dink terug aan Abraham en Sara, van wie julle afstam.Abraham was alleen toe Ek hom geroep het.Maar Ek het hom geseën, en hy het ’n groot nasie geword.”

3. Die Here gaan Sion vertroos en Hom ontferm oor die verwoeste stad.Hy gaan haar woestyngebied maak soos Eden, haar woesteny soos die tuin van die Here. Vreugde en blydskap sal volopin die stad wees.Liedere van dankbaarheid sal weerklink.

4. “Luister na My, my volk.Hoor mooi, Israel, want my onderrig sal van My af uitgaan, my regsal ’n lig wees vir die volke.

5. My redding kom gou,my verlossing is op pad.Die eilande wag op My.Hulle hoop op my redding.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 51