Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 49:1-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Luister na my, almal wat in ver lande bly! Voor my geboorte het die Here my geroep.Van my geboorte af het Hy my op my naam genoem.

2. Hy het my mond soos ’n skerp swaard gemaak.In die skaduwee van sy hand het Hy my weggesteek.Hy het my ’n skerp pyl gemaaken in sy pylkoker weggesteek.

3. Hy het vir my gesê: “Jy is my dienaar, Israel.Deur jou sal Ek verheerlik word.”

4. Ek het geantwoord: “Wat ek doen, is nutteloos.Ek het tevergeefs geswoeg!Tog laat ek dit alles in die hand van die Here.Hy sal my beloon.”

5. En nou praat die Here, Hy wat my as sy dienaar in my ma se skoot gemaak hetom Jakob na Hom terug te bring en Israel vir Hom bymekaar te maak.Die Here het my geëer.My God het my sterk gemaak.

6. Hy sê: “Jy sal nog meer doen as om die stamme van Jakobop te rigen my volk Israel na My toe terug te bring.Ek gaan jou ’n lig maak vir die nasiessodat jy my redding kan bringtot aan die uithoeke van die aarde.”

7. Dit is wat die Here, die Redder en Heilige van Israel,sê vir die een wat verag isen verwerp worddeur die nasie, wat ’n dienaar van regeerders is:“Konings sal jou sien en op aandag staan.Prinse sal laag voor jou buig ter wille van die Here wat getrou is.Hy, die Heilige van Israel,het jou gekies.”

8. So sê die Here: “Op die regte oombliksal Ek jou antwoord.Op die dag wat Ek red, sal Ek jou help.Ek sal jou bewaaren jou maak tot ’n verbond met my volkom sy land te herstel en die verlate eiendom weer terug te kry

9. om aan die gevangenes te sê:‘Kom uit!’en aan hulle in duisternis:‘Wees vry!’“Hulle sal my kudde wees wat in groen weivelde wei, selfs op heuwels wat voorheen kaal was.

10. Hulle sal nie meer honger of dors wees nie.Die warm son en die droë woestynwinde sal niks aan hulle doen.Hy wat vir hulle omgee,sal vir hulle sorg en hulle lei na koel fonteine.

11. Al my berge maak Ek paaie.My hoofweë sal Ek vir hulle gelykmaak.

12. My volk kom terug van ver af,sommige uit die noorde,ander uit die weste, nog ander so ver as Egipte.”

13. Sing van vreugde, hemel! Aarde, wees bly! Berge, juig met ’n vrolike lied! Want die Herehet sy volk getroos.Hy sal Hom ontferm oor hulle wat in ellende is.

14. Tog het Sion gesê: “Die Here het my verlaat.Die Here het my vergeet.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 49