Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 39:3-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Hierna het die profeet Jesaja na koning Hiskia gekom en vir hom gevra: “Wat wou hierdie mense gehad het? Waarvandaan het hulle gekom?” Hiskia het geantwoord: “Hulle het van die verafgeleë land Babel na my toe gekom.”

4. “Wat het hulle in jou paleis gesien?” vra Jesaja. “Hulle het alles gesien,” het Hiskia geantwoord. “Ek het hulle alles gewys wat ek besit, al my skatte.”

5. Toe het Jesaja vir Hiskia gesê: “Luister na hierdie boodskap van die Here, die Almagtige:

6. ‘Die tyd kom dat alles wat jy het, al die skatte wat jou voorouers opgegaar het, na Babel weggedra sal word. Niks sal daarvan oorbly nie,’ sê die Here.

7. “‘Van jou seuns sal ook weggeneem word in ballingskap. Hulle sal ontman word sodat hulle in die paleis van die koning van Babel kan dien.’”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 39