Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 37:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Nadat koning Hiskia die verslag gehoor het, het hy sy klere geskeur en rouklere aangetrek. Hy het na die tempel van die Here gegaan om te bid.

2. Hy stuur toe Eljakim, die administrateur van die paleis, Sebna, die hof se sekretaris en die leierpriesters na die profeet Jesaja seun van Amos. Hulle het almal rouklere aangehad.

3. Hulle het vir Jesaja gesê: “So sê koning Hiskia: Dit is ’n dag waarop ons in die moeilikheid is. Ons is beledig en verneder. Ons is soos wanneer ’n kind gebore moet word, maar die ma het nie die krag daarvoor nie.

4. Miskien het die Here u God gehoor hoe die verteenwoordiger van die Assiriese koning die lewende God uitgetart het, en sal Hy hom straf oor sy woorde. Bid tog vir ons klein groepie wat nog oor is.”

5. Nadat koning Hiskia se amptenare die koning se boodskap aan Jesaja oorgedra het,

6. het die profeet geantwoord: “Sê vir julle meester: ‘So sê die Here: Moenie jou ontstel oor die godslasterlike woorde wat die Assiriese koning se boodskappers teen My geuiter het nie.

7. Luister! Ek gaan seker maak dat die koning ’n gerug kry uit Assirië sodat hy huis toe moet gaan. En Ek sal maak dat hy huis toe wil gaan. Daar sal Ek hom met ’n swaard laat doodmaak.’”

8. Intussen het die Assiriese verteenwoordiger Jerusalem verlaat en teruggegaan om by die koning te kom. Die koning is van Lakis af weg. Hy het Libna aangeval.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 37