Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 36:7-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. “Miskien sê jy: ‘Ons vertrou op die Here ons God!’ Maar is Hy nie die Een wat deur koning Hiskia beledig is nie? Het Hiskia dan nie sy heiligdomme en altare omgegooi en almal in Juda verplig om net by die altaar hier in Jerusalem te aanbid nie?

8. “Ek sê jou wat: My meester, die koning van Assirië, gaan met jou ’n weddenskap aan. As jy 2 000 ruiters in jou hele weermag kan kry, gee hy jou 2 000 perde om op te ry!

9. Hoe dink jy kan jy met jou klein weermag selfs die swakste afdeling van my meester se leër uitdaag? En tog vertrou jy op Egipte se hulp vir strydwaens en perde!

10. Wat meer is, dink jy ek het jou land binnegeval en beset sonder dat die Here my beveel het? Die Here self het vir my gesê: ‘Gaan en vernietig daardie land.’”

11. Daarop het Eljakim, Sebna en Joag vir die koning se verteenwoordiger gevra: “Praat asseblief tog met ons in Aramees. Ons verstaan dit goed. Moet asseblief nie in Hebreeus met ons praat nie, want die mense op die muur sal dit kan verstaan.”

12. Maar Sanherib se verteenwoordiger het geantwoord: “My meester wil hê elkeen in Jerusalem moet dit hoor, nie net julle nie. Hy wil hê hulle moet weet dat as julle nie oorgee nie, ons hierdie stad sal beleër. Die mense sal so honger en dors word dat hulle hulle eie ontlasting sal eet en hulle eie urine sal moet drink!”

13. Toe het hy regop gaan staan en in Hebreeus geskreeu sodat die manne op die muur dit duidelik kon hoor: “Luister na hierdie boodskap van die groot koning, Assirië se koning!

14. So sê die koning: Moenie dat koning Hiskia julle om die bos lei nie! Hy sal nooit in staat wees om julle te red nie.

15. Moenie dat Hiskia julle mislei om op die Here te vertrou nie. Hiskia sê: ‘Die Here sal ons red! Hierdie stad sal nooit in die hande van die koning van Assirië beland nie.’

16. “Moenie na Hiskia luister nie! Hier is die voorwaardes wat die koning van Assirië bied: Maak vrede met my. Maak die hekke oop en kom uit. Dan sal ek toelaat dat elkeen van julle van sy eie wingerdstok en sy eie vyeboom eet en uit sy eie put water drink,

Lees volledige hoofstuk Jesaja 36