Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 30:1-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Verwoesting staan vas vir my opstandige kinders,” sê die Here. “Julle maak planne wat nie van My kom nie.Julle smee vennootskappe wat nie deur My geïnspireer is nie.Julle stapel sonde op sonde.

2. Sonder om My te raadpleeg gaan julle Egipte toe om hulp te soek.Julle stel julle vertroue in die farao. Hy moet julle beskerm!

3. Deur op die farao te vertrou, sal julle verneder word.Egipte gaan julle in die skande steek!

4. Alhoewel sy mag strek tot by Soan en Ganes,

5. sal julle teleurgesteld staan. Hy sal julle nie kan help nie. Egipte bring net skande en vernedering!”

6. ’n Aankondiging oor die diere in die Negev: Hulle bring skatte om te betaal vir die hulp van Egipte.Hulle donkies en kamele is gelaai met geskenke.Hulle reis deur ’n land vol swaarkry en gevaar.Hier kry jy leeus en slangeen vlieënde drake. Hulle kom soek hulp by ’n volk wat nie kan help nie.

7. Egipte se beloftes is waardeloos!Ek noem hom die draak wat tot niks in staat is nie.

8. Gaan sit nou en skryf hierdie woorde neeroor Egipte.Dit sal vir altyd vertel van Israel se ongeloof.

9. Hierdie mense is koppige rebelle wat weier om hulle te steur aan die opdragte van die Here.

10. Hulle sê vir die sieners: “Bly stil, ons wil niks meer hoor van wat julle sien nie!” En vir die profete sê hulle: “Ons wil nie die waarheid hoor nie!Sê vir ons wat ons wil hoor, dat goeie dinge met ons gaan gebeur.Vertel vir ons leuens!

11. Vergeet van al die slegte dinge!Ons het meer as genoeg gehoor van die ‘Heilige van Israel’.Ons is moeg om te hoor wat Hy kwansuis vir ons wil sê!”

12. Daarom antwoord die Heilige van Israel self: “Julle het my waarskuwing geïgnoreer, en eerder vertrou op leuens en bedrog.

13. Daarom sal rampe skielik oor julle kom.Dit sal wees soos ’n muur wat oorhang en dreig om om te val.En dan skielik, onverwags, sal dit inmekaarstort.

14. Julle sal soos ’n kleipot stukkend breek.Julle sal so fyn gebreek word dat daar nie eers ’n stukkie sal oorbly wat groot genoeg isdat ’n mens ’n kooltjiedaarop kan dra, of water van die put kan skep nie.”

15. So sê die oppermagtige Here, die Heilige van Israel: “Eers as julle na My draai en tot rus kom, sal julle gered word.Deur stil te raak en te vertrou,sal julle sterk word. Maar julle wou nie.

16. Julle het gesê: ‘Nee, ons hulp kom van Egipte. Hulle gee ons vinnige perde om mee te veg.’Nou, dan sal julle vinnig ry.Maar julle agtervolgers sal vinniger wees!

Lees volledige hoofstuk Jesaja 30