Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 15:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hierdie boodskap het ek oor Moab gekry: In een nag sal Moab se stede, Ar en Kir, verwoes word.

2. Jou mense in Dibon sal by hulle tempels en heiligdomme huil. Hulle sal huil oor die lot van Nebo en Medeba. Hulle sal hulle koppe kaalskeer uit verdriet, en hulle baarde afskeer.

3. Hulle sal rouklere dra wanneer hulle op straat kom. Want in elke huis en op elke plein sal mense bitterlik huil van verdriet.

4. Die geroep uit die stedevan Gesbon en Elalesal van ver af gehoor kan word, selfs tot in Jahas. Die dapperste soldate van Moab skreeu van angs.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 15