Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 10:2-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Hulle ontneem die armes en verdruktes van regverdige regspraak. Ja, hulle besteel weduwees en weeskinders.

3. Wat gaan julle doen die dag as Ek verwoesting uit ’n ver land na julle toe stuur? Na wie toe sal julle dan draai vir hulp? Waar sal julle skatte veilig wees?

4. Dan sal Ek julle nie help nie! Julle sal soos gevangenes struikel, of tussen die dooies lê. Maar selfs dan sal die Here se woede nie afgekoel wees nie. Sy vuis is nog reg om te slaan.

5. “Verwoesting wag vir Assirië, die sweep waarmee Ek straf. Sy militêre kragis ’n stok in my hand.

6. Ek stuur Assirië teen hierdie goddelose klomp mense.Hy sal hulle namens My straf.Hy sal hulle kom plunder, hulle soos modder onder sy voete vertrap.

7. Maar die koning van Assirië sal nie weet dat Ek hom stuur nie. Hy sal dink dat hy die mense aanval as deel van sy plan om die hele wêreld te verower.”

8. Hy sal sê: “Elkeen van my prinse sal een van die dae ’n koning wees wat oor ’n verowerde land regeer.

9. Ons sal Kalne net soos Karkemis verwoes. Hamat sal voor ons val soos Arpad. En ons sal Samaria vernietig net soos ons Damaskus vernietig het.

10. Ja, ons het baie koninkryke verwoes wie se gode veel sterker is as Jerusalem en Samaria s’n.

11. As ons Samaria en haar gode vernietig het, sal ons Jerusalem ook verwoes!”

12. Nadat die Here die koning van Assirië gebruik het om sy doel in Jerusalem te bereik, sal Hy teen die koning van Assirië draai en hom straf, want hy is trots en arrogant.

13. Hy spog: “Deur my eie krag en slimmigheid het ek hierdie oorloë gewen. Deur my eie krag het ek baie lande gevange geneem, hulle konings doodgemaak en hulle skatte weggedra.

14. Omdat ek groot is, het ek hulle rykdomme geplunder soos eiers in ’n nes geplunder word. Ek het koninkryke bymekaargemaak soos ’n boer eiers bymekaarmaak. Niemand kan ’n vlerk teen my oplig of sy mond oopmaak om te probeer protesteer nie!”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 10